Waar ons die laaste 5 weke saam met Jesus deur die Wildernis gestap het, spring ons hierdie Sondag vorentoe in tyd na ongeveer 3 jaar later in Jesus se lewe. Hierdie week staan in die kerk bekend as Heilige Week en hierdie Sondag as Palmsondag. Hierdie week lei ons natuurlik na die klimaks van Jesus se lewe naamlik die kruisiging en die opstanding.