avatar

Opstandingsondag: Waar Kry Jy Die Opstanding? met Theo Geyser

InVia Gemeente
InVia Gemeente
Episode • Apr 21, 2019 • 28m
Drie dae was daar duisternis ... Alleen,
in diep gelatenheid, soos in die sand
’n suiwer saad wat wag op son en reën
het al sy sterflikheid stil weggebrand:

die swaar en trae slakke van die vlees,
sy onrus, vrees, verwarringe en waan,
dat Hy, één met die Vader en die Gees,
verheerlik in die lig weer op kan staan.
Die wagte kon in daardie gloed nie kyk.
Die steen is afgewentel deur ’n wind
wat uit vier hemelstreke oor die aarde stryk
dat dit vergruisel is tot stof en grint,
en soos uit diepe duisternis ’n vlam
staan hoog en rank en smetteloos die Lam!

W.E.G. Louw