Welkom, welkom, welkom.
Ek verwelkom alles wat vandag besoek kom aflê
omdat ek weet hulle is U gesante vir my genesing.
Ek verwelkom alle gedagtes, gevoelens, gesigte en gebeure.
My begeerte na beheer en mag– dié gee ek oor vandag;
my drang na aanvaarding, status, goedkeuring en plesier – dit laat ek hier;
my verlange na oorlewing en sekuriteit;
die druk om enige gedagte, gevoel, gesig, gebeurtenis,
– selfs my eie geskiedenis – te verander,
ek bring dit alles voor U.
Ek maak myself oop vir U liefde, U teenwoordigheid
en U beweging in en om my.
Amen