Wat vir my spesifiek treffend is van St Teresa se verstaan van die geestelike reis is dat sy dit nie linieër uitbeeld nie. Sy verstaan dus nie die reis as van punt A, daar waar God nie is nie, tot by punt B, daar waar Hy is nie. Sy gebruik nie ‘n metafoor soos byvoorbeeld vanuit die woestyn na die beloofde land, of vanuit die donker na die lig nie. Vir haar is God in die middel van die kasteel, boonop ‘n kristal kasteel, en die wonings sit soos konsentriese sirkels in lae rondom.