"Die Woord is vol woorde oor woorde. Spreuke wemel daarvan. Oor die krag van woorde. Hoe ‘n blote woord, ‘n paar letters in ‘n string geryg, ‘n sin(dikaat) kan vorm, ‘n mens kan platslaan of ophef. So probeer ons oomblik vir oomblik dinge sê om onsegbare dinge te verwoord..."